Afrikaners is plesierig - of is hulle?

Post new topic   Reply to topic

View previous topic View next topic Go down

Afrikaners is plesierig - of is hulle?

Post  smartie on Wed Aug 19, 2009 12:45 pm

Hoekom bid ons saam en vra die bloed van Jesus oor ons, ons bid vir vergewens gesindheid, om ons geestelike oe en ore oop te maak, maar trek mekaar letterlik uitmekaar gedurende die vergadering? Nee sies man, ek skaam my.
Jesus het vir ons ALMAL gesterf, en dus is die een nie vehewe bo die ander ene nie - of lees ek my Bybel verkeerd? Question
Ons mag nie STILBLY oor dinge wat verkeerd is nie, maar bedrog en korrupsie is aan die orde van die dag.........
Wanneer gaan dit als ophou? Ja ek weet met die wederkoms, maar mense, maak julle oe oop. Is dit werklik nodig om so aan te gaan? Ons het die afgelope tyd baie hartseer beleef hier in Tsumeb. 'n Jong Pa is weg geruk....... sy vrou en kinders is alleen. Dink 'n slag nie net aan jouself nie, skuif jou beeld so bietjie af ondertoe en sien die hartseer raak, help mekaar en waardeer dit wat jy het.......
My hart is sommer seer oor al die eina in die wereld. Mense (vriende) wat mekaar net nie kan vergewe nie. Mense probeer mekaar grind en gooi klippe..... als so onnodig....... Gisteraand is daar 3 kinders bed toe wat nie vir hulle Pa kan nagse nie, 'n jong vrou wat alleen moet gaan slaap en alleen more oggend opstaan en moet aangaan met haar lewe en vir haar kinders sorg.......... My hart gaan uit na hulle.
Ek's moeg vir al hierdie hoenders wat staan en skrop op eie werf en koning probeer kraai op hulle eie mishoop.........
Doen 'n slag wat van jou verwag word, wees eerlik, vergewe, glimlag vir mekaar, en wees DANKBAAR......

smartie
Newbie
Newbie

Posts: 5
Join date: 2008-11-24

View user profile

Back to top Go down

View previous topic View next topic Back to top


Post new topic   Reply to topic
Permissions of this forum:
You cannot reply to topics in this forum